Tema: Regverdiging en regverdigheid
Teks: Lukas 18: 9-14
“En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel. Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid,die een ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges,egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig! Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.”
Die skadu van die kruis val oor die woorde en die opdragte Van Jesus Christus.
Elke vers moet gelees word in die skaduwee van wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. Of andersins gestel, die vier Evangelies – Mattheus, Markus, Lukas en Johannes – is bedoel om van agteraf gelees te word. Dit beteken dat jy die Evangelies lees vanuit die perspektief van hoe dit eindig – die dood en opstanding van Jesus vir ons sondes – en jy moet in gedagte hou van hoe dit eindig wanneer jy elke vers lees.
Dit is nie my idee nie. Dit is die manier waarop die Evangelie skrywers dit voorlê. Mattheus sê in sy eerste hoofstuk, “ en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. (Matt. 1:21). Hy kom nie net om sondaars te leer nie, maar om sondaars deur sy dood en opstanding te red. Markus is die radikaalste voorbeeld, want die boek het sestien hoofstukke en ongeveer die helfte daarvan gaan oor die laaste week van Jesus se lewe – nie juis ‘n gewone biografie nie!
Lukas begin met die woorde van die engel aan die herders, “En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.” (Lukas 2:10). En die apostel Johannes vertel ons in sy eerste hoofstuk wat Johannes die Doper, toe hy Jesus sien sê “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29)
Met ander woorde, al die Evangelies wil hê ons moet van die begin af weet hoe die storie eindig: Dit eindig met Jesus wat sterf as die Lam vir die vergifnis van sondes en Sy opstanding as die Here van die heelal. Dit is die manier om elke woord in die Evangelies verstaan. Jesus se woorde en gebooie is nie blote brokkies van wysheid oor hoe om jou gesin groot te maak nie, of hoe om in besigheid te floreer, of hoe om goed te voel oor jouself nie. Dit is beskrywings van hoe ‘n nuwe mens moet leef wat deur God sê Gees gebaar is, die heerlikheid van sy Seun, Jesus Christus gesien het, die desperate toestand van hul eie sonde herken het, en opgehou het om op hulself te vertrou vir aanvaarding by God, wat in totaliteit na Jesus to gedraai het, vir dit wat God vir ons in Hom gedoen het en vir alles wat God vir ons in Hom is. Dit is die effek wat die Evangelies op jou moet hê.
Om die Verlosser te mis – toe en nou.
Dit bring ons na Lukas 18:9-14. Jesus kyk in die oë van godsdienstige mense wat dit wat ek so pas gesê het nie verstaan of ervaar het nie. Hulle praat eindeloos oor God, maar het geen begrip hoe om reg met God te wees nie. Hulle weet nie dat alles wat oor God in die Ou Testament geskryf is, dui op ‘n Verlosser, ‘n Slagoffer en die Regverdige een waarop wie hulle sondes gelê sal word en deur wie hulle die geregtigheid van God sal verkry. Jesus het gekom om dit te openbaar, en hulle het gestruikel oor dié Hoeksteen. ” Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.” (Rom 10: 3). Hulle het geweet van God. Hulle het geweet van God sê genade. Hulle het geweet van geregtigheid. Maar hulle het dit gemis. Hulle het nie verstaan dat geregtigheid deur geloof alleen en deur die Verlosser alleen geskied nie.
Die Fariseërs is nie die enigstes wat dit mis nie. Hierdie leerstelling word vandag ook onderstebo gekeer.
‘n Gelykenis wat voltooi en vervul word in die Kruis
Kom ons lees hierdie gelykenis met die begrip dat dit voltooi en vervul is in die kruis – die finale gehoorsaamheid van Jesus met die storting van Sy bloed.
Hy het hierdie gelykenis vertel aan hulle wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is, en ander minag: “Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie – rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig ! Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.”
Ons vind die hoogtepunt van die gelykenis in vers 14 (“hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan “) Die gelykenis gaan oor hoe om geregverdig te wees en hoe om nie geregverdig te wees nie. Natuurlik is die storie is onvolledig omdat Jesus sy werk nog nie klaar was toe hy die storie vertel het nie Hy het nog nie vir hulle sondes gesterf en is ook nog nie vir hulle geregtigheid opgewek nie. Dus sien ons nog nie die hele verhaal van hoe hulle geregverdig word voor God nie, maar een van die belangrikste elemente van hoe dit gebeur word wel geopenbaar.
Jesus het met hulle gepraat en nie oor hulle gepraat nie
Dit is belangrik om die volgende aspek in die gelykenis raak te sien – Vers 9
AOV: “En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.”
ESV “He also told this parable to some who trusted in themselves that they were righteous, and treated others with contempt”.
In hierdie gelykenis praat Hy nie oor die wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is nie, maar met diegene wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is. Hy het hulle in die oog gekyk en vir hulle gesê dat hulle selfregverdigend was. Hulle het hulle eie geregtigheid daar gestel. Hy het nie van hulle gepraat nie maar met hulle.
Laat ons kyk na Jesus se hantering van hierdie probleem. Vers 9: “En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.” Hier is wat jy nie wil doen nie – jy wil nie op jouself vertrou dat jy regverdig is nie. Ons moet dus duidelik sien wat dit hier is. Wat het hierdie mense gedoen? Wat het hulle nie gedoen nie? Wat was hulle harts probleem?
Indien ons dit wil vermy moet ons sien wat dit was wat Jesus aan die lig gebring het.
Aan dit moet ons aandag gee en onsself toets.
Die Fariseërs se Geregtigheid
Daar is drie dinge wat ons moet identifiseer oor hierdie persoon wat “in homself vertrou dat Hy regverdig is.”
In die eerste plek is sy geregtigheid moreel.
Tweedens is sy geregtigheid godsdienstige en seremonieël en
Derdens glo hy sy geregtigheid is ‘n gawe van God.
Eerstens – Sy geregtigheid is moreel: Verse 10-11: ““ Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër ( die een wat op homself vertrou dat hy regverdig is) en die ander ‘n tollenaar (wat berug daarvoor was dat hulle mense verneuk het). En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.”
Let op hoe bied hy sy geregtigheid aan: “dat ek nie soos die ander mense is nie — rowers, onregverdiges, egbrekers” Hy sê hy is finansieel eerlik, hy is regverdig in sy handelinge en is getrou aan sy vrou. Dit is wat ek bedoel wanneer ek sê hy is moreel regverdig. Hy is moreel ‘n goeie man. Dit is wat Jesus bedoel wanneer hy sê dat die Fariseër op homself vertrou dathy regverdig is. Hy onderhou die gebooie.
Tweedens was die Fariseer se geregtigheid, godsdienstig en seremonieёl. Vers 12:“Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry”. Hierdie verwysing na sy vas en tiendes is sy geestelike dissiplines voor God en nie soseer hoe hy ander mense behandel nie. Hy was ‘n godsdienstige toegewyde persoon.
Derdens het hy geglo sy geregtigheid is ‘n gawe van God. Vers 11 “En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie” Hy gee God die krediet en dank dat Hy hom opreg en toegewyd gemaak het.
Die Fariseër se probleem
Die probleem is nie of die man sy eie geregtigheid verkry het en of God dit in hom geproduseer het nie. Die probleem is dit: Hy vertrou daarop vir sy geregtigheid. Vers 9:“En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is “. Ons moet seker maak wat hierdie stelling sê. Dit sê nie dat hy op homself vertrou om homself regverdig te maak nie. Nee, dit is baie duidelik dat hy God daarvoor dank. Hy vertrou in homself dat hy regverdig is met die geregtigheid wat God in hom gewerk het. Dit is waarop hy vertrou.
Sover ons weet, was die Fariseërs liefhebbers van die soewereiniteit van God. Sover ons weet sou hy sê: “Dit is nie ek nie maar die genade van God wat hierdie geregtigheid bewerk het.” Hy sou sê: “Ek dank U, o God, vir hierdie geregtigheid.” Dit was nie sy fout nie. Sy fout was dat hy daarop vertrou het vir sy regverdigheid posisie voor God. Wanneer dit kom by geregtigheid (want dit is die kwessie), was hierdie man se vertroue op die verkeerde ding. Hy het na die verkeerde basis gekyk vir sy geregtigheid voor God. Hy het na die verkeerde persoon gekyk as basis vir sy geregtigheid en toe vind hy onvoldoende geregtigheid. Hy was op soek na sy eie geregtigheid – nie omdat hy dit geskep het nie, maar omdat hy dit gedoen het. Dit was in sy wil en in sy hart en in sy optrede. Dit was syne, en dit was daar deur God. Dit is wat hy geglo het. Dit was waarop hy vertrou het.
Hy word nie voorgehou as ‘n wettiese persoon nie – een wat probeer om sy eie heil te verdien nie. Dit is nie die kwessie nie. Die kwessie is, hy was moreel eerbaar, hy was godsdienstig toegewyd en hy het geglo dat dit God was wat dit gedoen het. Hy het God gedank daarvoor. En dit is waarop hy vertrou vir sy geregtigheid voor God – vir sy regverdiging. En hy was heeltemal verkeerd. Dit is wat Jesus uitwys en Hy sê dit is selfregverdiging en dit is onvoldoende voor God.
Die probleem vandag
En dit is een van die grootste probleem in die lewens van gelowiges vandag. Gelowiges wat na hulself kyk in dit wat hulle doen en weg beweeg van die leerstelling van geregtigheid vanweë geloof alleen gegrond op Christus alleen. Wat Jesus hier uitwys is dit: ongeag hoe regverdig jy is, of hoe moreel goed jy is of hoe godsdienstige jy is en of jy glo dat dit deur God se hulp is dat jy so is. Dit is nie die basis van ons geregtigheid voor God nie . Dit is nie hoe ons aanvaar word en regverdig verklaar word in God se hof nie.
Wanneer ons voor God se regbank staan, waarop gaan ons staat maak. Ons staan voor God as die heilige Regter en ons weet dat die enigste manier waarop ons vrygespreek kan word, is om regverdig verklaar te word deur God. Ek pleit by julle dat julle nie sal vertrou in dit wat julle glo God in julle gedoen het nie, maar om te vertrou dat volle geregtigheid alleen te vinde is wanneer ons vertrou op Jesus en alles wat God vir ons in Jesus is.
Hoe die storie eindig
Ons weet verder hoe die storie eindig. Ek sien die skaduwee van die kruis oor hierdie gelykenis. Ons sien die duidelike riglyn in die manier waarop die tollenaar geregverdig word voor God. Verse 13-14 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig! Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.” Wat het die tollenaar doen? Hy kyk weg van homself af na God toe. Hy sien God vir wie Hy is, hy sien homself vir wie hy is in die lig van wie God is, en hy weet daar is niks in homself of wat hy uit homself kan doen wat hom enige aanspraak gee tot regverdiging voor ‘n Heilige God nie. Hy kyk na God alleen vir geregtigheid, Hy plaas sy vertroue in God, sy geloof is in God alleen.
En Jesus sê: “God verklaar hom regverdig in Sy hof.” Dit is wat “geregverdig” beteken. Jesus bring hierdie uiters belangrike elemente bymekaar, God alleen, genade alleen en geloof alleen.
En nou, aan hierdie kant van die kruis weet ons meer. Ons weet hoe God geregtigheid voorsien vir sondaars wat nie regverdig is nie. “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom” (2 Kor 5:21). Deur op Christus alleen te vertrou vir alles wat hy vir ons gedoen het en vir alles wat hy vir ons is, word ons met Hom verenig. En omdat ons “in hom,” is reken Hy vir ons toe, Sy geregtigheid, Sy moraliteit, Sy vroomheid. (Phil 3: 9; Rom 3:28; 4: 4-6; 5: 18-19; 10: 3-4; 1 Kor 1: 30; Gal 2:16).
Dus moet ons baie versigtig wees wanneer ons aanspraak maak op enige iets wat ons as Godsdiens vir onsself toeëien.
Die tollenaar kyk van homself af weg na God vir sy geregtigheid. Dit is egter ook wat die Fariseër gedoen het. Hy het na God gekyk om die geregtigheid in hom te werk en wanneer hy voor die regterstoel staan sal hy dit aanbied as basis vir sy geregtigheid. En hy gaan veroordeel staan want Jesus se hy vertrou op homself vir sy geregtigheid. En net God se geregtigheid gaan voldoende wees vir God.
Op die oog af lyk dit of beide gevalle meriete het maar Jesus se die volgende woorde “Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een”
Mense wat vertrou op die geregtigheid wat God in hulle werk as basis vir hul aanvaarding en vryspraak en geregtigheid gaan nie na hul huis geregverdig nie. Mense wat glo in toegerekende geregtigheid op grond van Christus alleen gaan geregverdig huis toe.
Jesus se ons word nie geregverdig deur die geregtigheid wat Christus in ons werk nie, maar ons word geregverdig deur die geregtigheid wat Christus vir ons is.
Gee Jesus Christus, sy volle glorie.
Dit is wat ons moet ontvang en waarvoor ons moet bid en waarvoor ons moet staan!
Gee Jesus al die glorie, beide as die een wat die perfekte geregtigheid vir ons is (wat ons het vanweё geloof alleen) sowel as die Een, wat op die basis van regverdigmaking ‘n progressiewe geregtigheid in ons bewerk. Hy is ons geregtigheid. Kyk na Christus alleen, vertrou in Christus alleen. Amen
