Lewe in Christus
Hoe gaan jy te werk om die Christelike lewe op so ‘n manier te lewe dat jou wil en jou lewe en jou optredes ʼn refleksie is dat dit Christus, of die Heilige Gees is, wat beslissend besig om die lewe te leef en op te tree en te wil, in en deur jou wil en lewe en optredes.
Hoe werk ek hard en verklaar onomwonde dat dit, “God se genade is wat in en deur my werk”
Dit is ʼn sleutel kwessie van die christelike lewe. Dit is hoe Paulus verklaar het hoe hy lewe. En hy ons aanmoedig om te lewe. Hy sê in 1 Korintiërs 15:10, “Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.”
Almal moet vra: “Hoe doen ek dit?” Hoe werk ek hard en wanneer ek klaar gewerk het, verklaar dat dit “God se genade is wat in my en deur my gewerk het.”
Eerstens moet ek besef dat dit ʼn ongetwyfelde lewens realiteit is, dat God aan alles en almal die lewe skenk, en daardie lewe oomblik vir oomblik vir altyd persoonlik onderhou. Dit verklaar dat enige individue nooit maar nooit in enige aspek onafhanklik is en kan optree nie. Elke aspek van ons bestaan kan net plaasvind deur God se krag, “want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons,” Hand 17:28. En, “Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag,” Heb 1:3.
Ons word ernstig gewaarsku teen die gedagte van ʼn onafhanklike lewe wat God se beslissende en beherende rol nie erken nie. “Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak— julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen. Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd. Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.” Jak 4:13-17.
Dit is ʼn erkenning dat ons sonder God niks kan doen nie.
Dit is ʼn erkenning dat God alleen pryswaardig is en die glorie behoort aan hom alleen. Enige greintjie van ʼn onafhanklike wil en optrede sonder erkenning van God se betrokkenheid ontneem God van sy regmatige glorie.
“Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God. As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.” 1 Pet 4:10-11.
John Piper bied insig hoe hierdie outentieke christelike lewe kan realiseer. Hy gebruik die akroniem A.P.T.A.T.. Ek verwerk dit hieronder na ʼn Afrikaanse akroniem E.B.V.O.D.
Vertrou op die Heilige Gees
“As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.” Gal 5:25
Die toepassing van die akroniem E.B.V.O.D. poog om dit te doen. Dit is die gehoorsame uitvoering van Filippense 2:12–13: “Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.”
E.B.V.O.D. is die strategie wat ons volg om te verseker dat ons met integriteit van ons Christelike lewenswandel kan sê? “Ek dien met die krag wat God verskaf.” Of anders gestel, hoe ek ander kan dien met in ‘n krag wat nie my eie is nie? Petrus 4:11-12.
Verder sê Romeine 8:13-14 “….maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” So hoe maak ons die dade van die liggaam dood? (Ja, ons maak die werke van die liggaam dood.) Ons doen dit deur die Gees. Nou wat beteken dit? Hoe doen ons dit? Dit is waarby ek probeer uitkom. Of Galasiërs 5:16: “Wandel deur die Gees.” Galasiërs 5:18: “….Maar as julle deur die Gees gelei word.” Galasiërs 5:22: “Maar die vrug van die Gees is.” Galasiërs 5:25: “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.”
So die antwoord op dit alles is E.B.V.O.D. Dit is wat ons moet doen elke keer wanneer ons enige iets wil doen. Dit neem twee minute om dit te doen. En die aksie van die E.B.V.O.D.is prominent in die hart, tydens enige aksie. Dit is die bewussyn dat daar deur die krag en vermoë van God gewerk en gedien word.
Ek wou preek en bedien in die krag wat God verskaf en wel op so ʼn wyse dat ek kan sê: “Nie ek nie, maar die genade van God wat met my is” 1 Kor. 15:10. Ek wil nie opstaan om te preek en te bedien nie as dit my werk is nie. Ek moet preek maar met die bekragtiging van die Heilige Gees. Dit is die essensie van die Christelike lewe.
Vyf aksies
So hier is E.B.V.O.D.- elke letter staan vir ‘n aksie wat geneem word. En dit kan binne twee minute gedoen word voordat jy die een of ander uitdaging in die gesig staar.
E – Erken.
Ek erken dat sonder Christus ek niks kan doen nie. Jesus sê “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” John 15:5
Ek kan niks doen nie.” So ek erken dit. Ek sê dit. Ek glo dit. Ek is hulpeloos om enigiets van enige betekenis, enige ewige waarde, enige geestelike waarde hoegenaamd op enige manier sonder Christus te doen.
Ek erken dat ek totaal van hom afhanklik is.
B – Bid.
Ek bid. As jy erken dat jy niks kan doen nie, sê jy: “O God, help my.” Jesus het ook gesê “Vra, en julle sal ontvang,” Joh 16:24. “Julle het nie, omdat julle nie vra nie” Jak 4:2. “en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.” Ps. 50:15.
Daarom vra ek die Here, terwyl ek op die bank sit voordat ek bedien vir vryheid van selfbewustheid. Gee my vryheid. Gee my geheue. Gee my outentieke emosie. Beskerm my teen foute. Ek wil nie hierdie mense mislei nie. Gee my ‘n profetiese salwing sodat woorde by my opkom wat wonderbaarlik deurdringend en bevrydend en reddend en suiwerend en bemoedigend is vir die mense. Ek wil hê dat dit alles deur die Heilige Gees moet gebeur. So ek vra dit.
V – vertrou.
Ek vertrou ‘n spesifieke belofte. Ek dink dit is ʼn kern saak. Ek vertrou ‘n spesifieke pasgemaakte belofte. Dit is dalk nie net ‘n predikings situasie nie. Dit kan ‘n finansiële situasie wees, of ‘n seksuele versoeking, noem maar op. Ek het ‘n spesifieke belofte nodig om op die spesifieke oomblik te glo, want ek wil hom vertrou, en ek wil nie net in die algemeen vertrou nie. Ek wil vertrou dat hy belowe het om iets vir my te doen.
Ons is hulpeloos om enigiets wat ewigheids, of geestelike waarde het, sonder Christus te doen.”
Daarom kan ek sê: “Die HERE is my God. Hy sal my versterk. Ek sal my help. Hy sal my ondersteun” (sien Jesaja 41:10). Ek gebruik dit wanneer ek uitdagings in my lewe in die gesig gestaar. “God sal help. Hy sal versterk.”
“En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.” 2 Kor. 9:8 “Ek is jou God” (Jes. 41:10). “Ek sal in elke behoefte voorsien” Fil. 4:19. Of in die prediking kan ek sê: “Die woord sal nie leeg terugkom nie maar bereik waarvoor dit geuiter is” Jes. 55:11. “Dit is nie jy wat praat nie, maar die Heilige Gees wat deur jou spreek” Matt 10:20. So ek neem ‘n belofte en ek vertrou dit. Ek verkondig dit bewustelik vir myself en stel my geloof daarin.
O – Optrede.
Tree op in gehoorsaamheid aan God se woord, en verwag dat God onder en in en deur daardie optrede sal optree sodat dit beslis sy optrede is. Doen die werk en daardeur God doen die wonderwerk.
Dus tree op. “Werk jou eie verlossing uit” Fil 2:12. “Ek het harder gewerk as almal van hulle” 1 Kor 15:10. “Ek leef nou in die vlees . . . deur geloof in die Seun van God” Gal 2:20. “Deur die Gees . . . maak die werke van die liggaam dood” Rom 8:13. Ons is die optreder en God is die wonderwerker.
D – Danksegging.
En dan, uiteindelik, wanneer ons klaar is, word God gedank. Gedank vir die goeie wat ook al kom. Ek dank hom en ek gee hom eer. “terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus” Ef 5:20.
Vertrou God, Nie Self nie
Maar die sleutel, die spilpunt, waarom alles draai, dink ek, is die plek van vertroue. Weer die insig van John Piper – Vertrou op God se beloofde hulp – toekomstige genade vir die volgende vyf sekondes of vyf minute of vyf uur. Hy noem dit om deur geloof in toekomstige genade te lewe. God gaan en sal help.
Ons tree op en God is die wonderwerker.
“Ek sal jou help. Ek sal jou versterk. Ek sal in elke behoefte voorsien.” Jy vertrou hom daarvoor. Dit is E.B.V.O.D., en ek dink dit is wat dit beteken om deur die Gees te lewe, en deur die Heilige Gees in die geloof te wandel. en jou verlossing uit te werk, en die wonder van die outentieke Christelike lewe te leef.
Hierdie stappe word uiteengesit in J.I. Packer se Keep in Step With the Spirit Pg 126. Hy gebruik nie die akroniem nie maar beskryf wel die presiese stappe. Ek dink dit is deur en deur Bybels, en dit is een van die mees sentrale en belangrikste ontdekkings wat ek nog gemaak het.
Hoe om te wandel deur die Gees?
Soli Deo Gloria
