Hoe doen ons groter dinge as Jesus?

“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.” (Joh 14:12).
Wie ookal glo in Jesus het die belofte dat hy groter werke sal doen as Jesus. Maar wat beteken “groter”? Sal christene meer treffende dade doen? Dit is moeilik om meer merkwaardige wonderwerke as Jesus te visialiseer; “groter” beteken nie dit nie.
Kan groter beteken dat dit meer in omvang is, of meer algemeen of wydverspreid? In daardie sin het Christene inderdaad groter werke as Jesus gedoen. Die evangelie word verkondig oor die hele wereld, miljoene mense het tot bekering en geloof in Jesus gekom, hulp, opvoeding en voedsel het verder miljoene bereik. Hierdie “groter” werke kan derhalwe die oorvloed van veranderde lewens wees.
Jesus sê die fundering van hierdie groter werke is “omdat ek na die Vader gaan”. Met ander woorde, die vertrek van Jesus deur sy dood, opstanding, verheerliking en hemelvaart is die basis van die missie van die dissipels. Verder is die verheerliking en die hemelvaart die voorwaarde vir die stuur van die beloofde Heilige Gees (Joh 7:39; 16:7), wat saam met die dissipels arbei. Hierdie is die redes waarom die dissipels “groter” werke sal doen.
Hierdie stelling is ongetwyfeld waar, maar waarom praat Jesus van “groter” werke maar die stelling klink na slegs “meer” werke.
“Meer” werke voldoen nie werklik aan die kriteria van “groter” werke nie, veral nie as die verheerliking van Jesus die basis vir hierdie “groter” werke is nie.
Ons word gehelp wanneer ons n ander stelling van Jesus hiermee vergelyk.
“Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koningkryk van die hemele is groter as hy.”(Matt 11:11).
Die punt van hierdie vergelyking is dat ten spyte van die ongeëwenaarde grootsheid van Johannes die doper, hy nooit gedeel het aan die koningkryk van die hemel nie. Die tyd van sy roeping in die saligheids geskiedenis van het hom uitgesluit van die voorregte van die koningkryk. Die mins bevooregte persoon in die koningkryk is groter as Johannes die Doper. Dit gaan oor die grootheid van die voorreg, n grootheid wat toegestaan word met die voorreg om te deel in n nuwe eskatologiese tydperk.
Ons sien iets soortgelyks in Joh 14. Deur Jesus se verlossings werk het sy “gaan na die Vader” n nuwe tydperk in die verlossings geskiedenis geopen, en die dissipels deel in hul sending in hierdie werke wat eiesoortig is aan hierdie eskatologiese tydperk. Dit is iets wat Jesus nooit tydens sy aardse bediening gedoen het nie. Sy werk het dit verkry maar hy self het opgevaar en nie daarin gedeel na pinkster (in n fisiese sin) nie.
Dit beteken nie dat Jesus se dissipels groter as Hy is nie. Dit beteken dat hulle werk in verhouding groter is as Syne – hulle het die voorreg om te deel in die reultaat van Jesus se voltooide werk. Die werke van die dissipels is deel van die totale nuwe bedeling wat plaasvind na die punt van voltooiing en volbringing.
Jesus het ons voorregte vir ons verseker. Christene tree toe tot hierdie beloofde eskatologiese beloftes. Ons pogings moet gesien word in hierdie omvattende agtergrond van n gerealiseerde saligheid. Hierdie totale werklikheid berus op die voltooide werk van Jesus en die “terugkeer na die Vader” en die posisie wat Hy daarvolgens inneem