Heiligmaking begin met intimiteit met Jesus

In my worsteling met sonde en die geveg van geloof, wens ek soms dat die strewe na heiligheid gepaard gaan met ʼn eenvoudige vergelyking.

(X minute Bybellees) + (Y minute van gebed) x (Z dae per week) = heiligheid

Indien ons nog meer heilig wou wees, sou ons deelname aan kleingroepe, evangelisasie en vas kon byvoeg. Hoe dit ook al sy, dit sou duidelik en voorspelbaar wees. Dit sal heiligmaking beheerbaar maak. Dit sou ons beheer gee.

Daar was ʼn man wat na Jesus gekom het met ‘n soortgelyke begeerte: ‘Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?’ (Markus 10:17). Die man se vergelyking was byna voltooi: geen moord, geen owerspel, geen steel, geen leuen nie (Markus 10: 19–20). Watter veranderlike het hy gemis? Dan kom die antwoord wat ‘n voorspelbare strewe na heiligmaking kelder: “Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.”(Markus 10:21).

Laat voorspelbaarheid agterweë en volg my. Wees naby my. Hou gemeenskap met my. Leef om my heerlikheid te sien.

Dit is onvoorspelbaar. Dit kan nie bestuur of beheer word nie. En dit is die enigste weg na heiligheid.

Heiligmaking sonder Jesus

Hierdie wyse tot heiligmaking is egter slegs een moontlikheid van ʼn algemene versoeking: om te poog om die Christelike lewe te leef sonder Christus. Dit is om dissipelskap met tegniek, aanbidding met emosioneele opheffing, gemeenskap met ʼn lys reëls en geestelike praktyke te vervang.  Dit is ʼn skokkende realiteit dat ons kundiges geword het om die Christelike lewe te leef sonder om nader aan Christus te kom.

Godsdienstiges was nog altyd aangetrokke tot sulke Christeslose “heiligheid”. Ons sien dit in die Fariseërs, wat “want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.  aan die buitekant wit gewas is terwyl die bene van die dooies binne-in rammel” (Matt 23:27). Ons sien dit by die valse leraars in Kolosse, wat gespog het met “ alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.” Kol 2:23). En die realiteit is ons sien baie daarvan in onsself.

Nutteloosheid van selfheiligmaking

Heiligmaking wat gebaseer is op blote taktiek en dissipline is hoegenaamd geen heiligmaking nie, maak nie saak hoe blink dit van buite af lyk nie. Selfheiligmaking is ‘n beter naam vir hierdie strewe, en dit is nutteloos.

Selfheiligmakers val eenvoudig telkens weer en weer in dieselfde sonde. Dit is kragteloos en hulle kan nie die aantrekking van die tweede blik, die derde episode, die vierde drankie, weerstaan ​​nie. Dit is soos ʼn verlamde wat homself beveel om te loop. Ons voel die pyn van die herhaalde val en opstaan en die gebrekkige oplossings. Daar is egter een ding wat erger is in ons pogings om selfheilig te word, die oënskynlike sukses daarmee. Die ontwikkeling en groei van ons intimiteit met Jesus word aan bande gelê.

Paulus toon ons die resultaat van “suksesvolle” selfheiligmakers in Kol 2: 16–23. Met ‘n yster wil hou hulle, hul lyste van regulasies, waarvan die meeste self opgelê is: “raak nie, smaak nie, roer nie aan nie?”, Hulle kasty hulself in ʼn poging om hul welluste onder beheer te bring (Kol 2:23). Hul blyk geestelik te wees “behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie”

Maar dan kom die verwoestende beoordeling: al hul dissipline en selfbeheersing het ” geen waarde nie, maar strek tot versadiging van die vlees.” (Kol 2:23). Selfheiligmaking verruil bloot uiterlike sondes vir innerlike sondes: pornografie vir trots, vraatsug vir hebsug, kwaai uitbarstings vir stille minagting.

Heiligmaking ontvou

Indien ons, ons heiligmaking van Christus losmaak, word die strewe na heiligheid onvermydelik meganies of individualisties – ʼn resultaat van wilskrag. Ware heiligmaking is nie meganies of individualisties nie: dit is in primêr relasioneel.

Paulus verskuif die klem van heiligmaking van self na Christus in Kol 3.1-  “As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit….. julle lewe is saam met Christus verborge in God.”

Die Christen se lewe – die ware lewe – is verborge in Christus, die Heilige. Ons vereniging met hom maak ons heilig. (Kol 3:12). Maar om hier en nou daardie heiligheid uit te leef moet ons “ soek die dinge daarbo waar Christus is” en “Bedink die dinge wat daarbo is” Kol 3:1-2. M.a.w heiligheid is die produk van ons vereniging met Christus en dit ontvou deur ons gemeenskap met Christus.

Slegs dan wanneer daardie waarheid ʼn realiteit is, beveel Paulus die Kolossense om die spesefieke sondes dood te maak (en nie om een sonde met ʼn ander te vervang nie). Paulus hou voor dat die enigste mense wat waarlik hul sonde kan oorwin en dood maak is diegene wat verknog is met Jesus Christus. Daardie verknogtheid is ʼn werking van die Heilige Gees. Ons is melaatses wat slegs gereignig word wanneer hy sy hande op ons lê, parapleë wat eers opstaan sodra hy die bevel gee en blindes wat eers sien sodra hy ons oë aanraak.

J.I.Packer maak die volgende gevolgtrekking “Die heiligste Christene is nie die wat die meeste besorg is oor heiligheid nie, maar die wie se denke en harte en doelwitte en liefde en hoop die meeste gefokus is op die Here Jesus Christus” (Keep in Step with the Spirit, 134).

Die vraag is dan, hoe verhoed ons dat die strewe na heiligheid ʼn skild word wat ons van Christus weerhou. Uiteindelik, het ons ʼn desperate behoefte vir die werking van die Heilige Gees, wat in Christene woon sodat ons daagliks intrek in die nabyheid van Jesus Christus. Joh. 16:14-15. Hierdie bemiddeling van die Heilige Gees fasiliteer die deurlopende bediening van Jesus Christus, dus wanneer ons sit om te lees of te bid of na God se woord te luister, moet ons nie skik vir enigeiets minder as intieme gemeenskap met die lewende Christus nie.

Robert Murray McCheyne mag ons hier help. Eerder as om hierdie aktiwiteit geestelike dissiplines of genademiddele te noem, noem hy hierdie ontmoetings as “Trysting times” ʼn “Tryst” is ʼn ontmoeting tussen geliefdes.

So, McCheyne skryf “In the daily reading of the Word, Christ pays daily visits to the soul. In daily prayer, Christ reveals himself to his own in that other way than he doth to the world. In the house of God Christ comes to his own, and says: “Peace be unto you!” And in the sacrament he makes himself known in the breaking of the bread, and they cry out: “It is the Lord!” These are all trysting times, when the Savior comes to visit his own. (A Communion of Love)

Dit is geen gebruik van ʼn vergelyking nie, dit is iets baie beter. ʼn Verlosser wat altyd gereed is om ons te besoek, met ons gemeenskap te hè, en sy heerlikheid aan ons te toon. En deur dit te doen word ons heilig soos wat hy heilig is.