Die tragiese realiteit van die moderne samelewing is n radikale mens-gesentreerde fokus. Ons het n omvattende opvoedkundige filosofie rondom hierdie mens-gesentreerde beskouing gevorm. Ons het programme, motiverende studies, verkoops tegnieke en n legio ander stelsels ontwikkel ter ondersteuning van hierdie beskouing.
Meeste moderne mense het geen konsep van enige alternatiewe beskouing as hierdie mens-gesentreerde beeld nie. Die kerk het grootendeels in hierdie mens-gesentreerde slaggat getrap.
Die bybelse waarheid is egter n radikaal God gesentreerde waarheid. Hierdie vervreemding van die God gesentreerde waarheid na die van die mens-gesentreerde fokus is baie subtiel. Dit penetreer en beinvloed ons mees religieuse aksies. Ons bely n soewereine God, maar ons fokus op die sentraliteit van die mens spreek tot die teendeel. Ons is gewillig om God gesentreed te wees indien dit blyk dat God mens-gesentreerd is. Ons is gewillig om te roem in die kruis solank as wat die kruis getuig van ons waarde.
Dit voel goed om erkenning te kry. Hierdie goeie gevoel word uiteidelik gefundeer in selfwaarde en nie in die waarde en soewereiniteit van God nie.
John Piper verwys na die funksie en doel van die mens as “To spread a passion for the supremacy of God in all things for the joy of all people through Jesus Christ”. Dit verwoord wat die fokus van die mens moet wees – weg van self en gerig tot God.
Ons doel moet wees om veel te maak van God die Vader, God die Seun deur God die Heilige Gees.
Derhalwe moet die kerk se aandag vestig word op hierdie fundamentele realiteit, n definitiewelike waarheid en bybelse hoeksteen wat die kerk radikaal gevorm het en radikaal sal hervorm.
