Die reformasie wat in 2017 sy 500 ste jaar beleef, het bepaalde en belangrike teologiese waarhede aan die kerk gelewer. Hierdie standpunte was vir baie jare die fondasie van die kerk. Die sistematiese en praktiese teologie het hierdie kernwaarhede gereflekteer. Hierdie fundamentele waarhede word egter toeneemend aangeval en die moderne kerk het grootliks van hierdie kernwaarhede afgedwaal en betaal die prys vir n mens georienteerde evangelie.
Intimate with God glo en verkondig hierdie gereformeerde waarhede. Ons glo dat dit die korrekte Bybelse beskouing is en ons poog om hierdie uiters belangrike fundamentele waarhede te hervestig as die fundamentele waarhede wat dit inderdaad is.
Die volgende begrippe is n paar sleutel oortuigings waarby ons staan.
- Die soewereiniteit van God.
- Die God gesentreerdheid van God
- Die mens se totale afhanklikheid van God.
- Die radikale verdorwenheid van die mens.
- Die Onvoorwaardelike Uitverkiesing
- Beperkte versoening.
- Onweerstaanbare genade.
- Volharding van die Heiliges.
- Die genade van God.
- Geloof.
- Die genade middele.
Die bediening van Intimate with God het dit ten doele om n God gesentreerde fokus op die saligheid te plaas. “Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” Rom 11:36.
Ons glo verlossings realisering is slegs moontlik is wanneer daar n God gesentreerde fokus op saligheid geplaas word.
Verlossing vir die mens van die invloed en die mag van sonde word beloof reeds vanaf die sondeval. Die verlossing word baie duidelik in die Bybel voorspel. Dit is n goddelike handeling deur die Vader, die Seun en die Heilige Gees.
In Jesus Christus kulmineer die saligheidsplan van God en reeds met die aankondiging van sy geboorte word die aard van sy verlossing gestateer “en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. (Matt 1:21) en verder “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.” (Luk 19:10), en “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.” (Joh 8:36) en “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!” (Rom 7:24-25) en “Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.” (Kol 1:13-14)
Hierdie is slegs n paar skrifgedeeltes wat die verlossingswerk van Jesus Christus aandui. Die doel, aard en die omvang van Sy verlossingswerk word deur die kerk deur die eeue verkondig. Christene wereldwyd weet dit en bly dit.
Die verlossing wat deur Jesus Christus verkry is, is volledig, omvattend en voldoende vir die mens. Dit is immers God se saligheids plan.
Ons glo in die realisering van die saligheid deur Jesus Christus. Ons glo enersyds dat die mens die volle omvang van daardie saligheid kan ervaar nl. die verlossing van sonde en die invloed van daardie sonde en andersyds die realisering van die verlosde lewe. Die saligheidsplan sluit die verlossing van sonde en die Gees beheerde bemagtiging tot die oorwinnings lewe in.
Die werklikheid rakende die verlossings ervaring van die oorgrote meerderheid van bloed gewaste, geredde, wedergebore, Gees vervulde Christene is ver verwyder van die verlossing wat in die Bybel geopenbaar en verklaar word.
Ons is van mening dat sekere verkeerde teologiese beskouings en die invloed van daardie beskouings die effektiewe realisering van die verlossingswerk nadelig beinvloed en aan bande lê. Hierdie teologiese beskouings het n kardinale invloed in ons beskouing van God, die mens, die verlossing, die versoening, wedergeboorte, geloofsekerheid, aanbidding, evangelisasie en sending en andere.
Die teologiese beskouings van Pelagius en Arminius het n baie groot invloed op die algemene teologiese beskouings van die kerk, en het dienooreenkomstig n geweldige invloed op die verlossings realisering van christene en dra grootliks by tot hierdie probleem. Die oorbeklemtoning van die menslike bydrae en vermoeё as deurslaggewend tot sy saligheid is die grootste struikelblok vir die volle saligheids realisering vir die mens. Hierdie menslike fokus in die verwerkliking van saligheid skep n verwronge begrip van sekere geloofs aspekte soos onder andere geloof en genade.
Derhalwe plaas die bediening van Intimate with God n God gesentreerde fokus op die saligheid.
